Thursday, March 26, 2009

Article in Die Burger

After the interview on Cape Talk, I was interviewed by Die Burger for an article.

http://www.dieburger.com/Stories/News/19.0.1411553496.aspx

Fietsryer van Bellville hou voetgangers van N1
26/03/2009 07:38:55 AM - (SA)

Ná sy rits noue ontkomings met voetgangers het ’n motorfiets­ryer van Bellville besluit om ongelukke met voetgangers te probeer verhinder.

Mnr. Nicki de Wet het sowat ’n maand gelede besluit genoeg is genoeg en staan nou daagliks soggens van 08:00 tot 08:30 en smiddae van 16:30 tot 17:30 op die N1 naby die Sableweg-afrit by die Canal Walk-winkelsentrum om voetgangers te ontmoedig om oor die pad te hardloop.

Hy het ’n span van sowat ses motorfietsryers wat hom dikwels help om die N1 vir padgebruikers te beveilig.

“Ingevolge die wet is wat hulle (die voetgangers) doen verkeerd, en daarbenewens hoort mense nie te voet op ’n deurpad nie,” het hy gesê.

De Wet het ’n ruk gelede begin stop en vir wetsongehoorsames die gevare van hul optrede verduidelik.

Hy het gesê dit blyk dat die voetgangers dan sleg voel, want die meeste van hulle vra om verskoning en gebruik dan die voetbrug.

Maar ten spyte van De Wet se pogings om lewens te red, meen hy mense besef nie hulle moet self verantwoordelikheid vir hul lewe aanvaar nie.

Sr.insp. Merle Lourens, verkeerswoordvoerder van die stad Kaapstad, het gesê hul hoofwegpatrolliespan patrolleer wel die pad en is op die uitkyk vir wetsoortreders.

Voetgangers loop veral onwettig oor die N2.

“So af en toe sal ’n verkeers­beampte by ons kom staan waar ons die voetgangers inwag,” het De Wet gesê. “Maar dit is nie my werk om voetgangers van die pad af te hou nie.”

No comments:

Post a Comment